CrimeNewsBreaking News

Plaasaanval: Bejaarde vrou gewond

“Die mans se oë was vol soveel haat.”

Brekende nuus: ’n Bejaarde egpaar is vanoggend by hul plaashuis in die Boekenhout-omgewing tussen Modimolle en Mookgophong deur vermoedelik vier gewapende aanvallers oorrompel.

Lees ook: Soektog duur voort ná plaasaanval

Hercu en Lesley van Niekerk en een van hul werkers, Abram Khethisa, was tussen 08:00 en 08:30 in die bakkie om diere te gaan voer toe hulle deur die aanvallers oorval is. Die aanvallers het deur die bakkie se ruite geskiet en vir Lesley in die maag getref. Die aanvallers het Hercu nie getref nie en Khethisa het in die veld in gevlug.

“Die mans se oë was vol soveel haat,” het ’n verslae Hercu gesê terwyl APA-amubulansdienste sy vrou gestabiliseer het.

Sy is per helikopter na ’n hospitaal in Pretoria geneem.

’n Reusesoektog na die verdagtes is in die Crecy-gebied van stapel gestuur.

Hou Die Pos dop vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button