Local newsNewsBreaking News

Warries gaan kuier vir Koben – VIDEO

“Ons bly po­si­tief oor die pad vo­ren­toe"

’n Af­vaar­di­ging van Hoër­skool Warm­bad het gister (Donderdag 7 Junie) na Pretoria gereis om hul meelewing te betoon en ondersteuning te bied aan Koben Hofmeyr (15) van Hoërskool Louis Trichardt, wat verlam is ná ’n skolerugbywedstryd tussen die o.16 A-spanne van Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Warmbad.

Ko­ben het ty­dens dié wed­stryd op Saterdag 26 Mei ’n ernstige nekbesering opgedoen. Hy sterk tans in die hoë­sorg­een­heid van die Groen­kloof-hos­pi­taal (voor­heen Little Company of Mary) in Pre­to­ria aan en is van die bors af on­der­toe verlam, het sy pa, Trom­pie, aan Die Pos ge­sê.

Paul Liddle, skool­hoof van Hoër­skool Warm­bad, Jo­han Loubser, sport­hoof by die skool, en UK-le­de JD Fou­rie, E­rika Ens­lin en Su-Mel Mey­er het Ko­ben in die hos­pi­taal be­soek en hom be­moe­dig. Jackie Huisamen, fisioterapeut van die dorp en lid van die Warries se beheerliggaam, was saam. Die Pos is ook saamgenooi.

Liddle het aan Ko­ben gesê die Warries het reeds ’n groot bedrag geld ingesamel wat tot sy se me­die­se sorg sal bydra. Die sken­king is moont­lik ge­maak deur die skool se be­heer­lig­gaam. Hulle beoog om nog fondsinsamelings vir Koben te hou.

Die groep het vir Koben ge­bid en hom ’n spoe­di­ge her­stel toe­ge­wens. Ko­ben het gesê hy waardeer die besoek en is dankbaar vir die gebaar.

“Ons bly po­si­tief oor die pad vo­ren­toe, want ne­ga­ti­wi­teit gaan niks aan die saak verander nie,” het sy pa ge­sê.

“Al­mal het op die dag van die be­se­ring ge­doen wat hul­le kon om hom te help. Ek is net bly dat ek my kind on­der om­stan­dig­he­de kan inspireer, want hy het maar sy af da­e.”

Die Ko­ben Hof­meyr-fonds is se­dert die voorval ge­stig om vir sy be­han­de­ling te be­taal.

Trom­pie het ge­sê sa­me­spre­kings word gevoer om te kyk of dié fonds ook aangewend kan word vir an­der jong rug­by­spe­lers in die pro­vin­sie wat ernstig beseer word.

Be­ken­de rug­by­spe­lers soos Vic­tor Matfield en Jesse Kriel, as­ook die sanger Steve Hof­mey­r, het Ko­ben al in die hos­pi­taal be­soek en on­der­steun.

Talle skole het op sosiale media en op ander maniere hul ondersteuning aan Koben getoon.

* Besoek die Ko­ben Hof­meyr-fonds se Face­book-blad vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button