Local news

Vlammehel!

Verwoestende veldbrande dwing inwoners op hul knieë.

Meer as 56 huise het in die slag gebly.
Minstens 13 000 ha is deur die vlamme verswelg.
Vakansiegangers moes inderhaas die pad vat.
Dit is chaos!

Rook en vlamme was van ver sigbaar (bo en onder). Foto’s verskaf

Die Waterberg het ’n naweek van drama, trane en groot dankbaarheid agter die rug nadat ’n verwoestende brand groot skade by die bekende Mababalingwe-natuurreservaat en omliggende omgewing aangerig het.

Teen druktyd vandeesweek was meer as 56 huise by dié oord reeds verwoes, etlike ander beskadig en duisende hektare weiding vernietig.

Reënwolke op die horison het die gemeenskap laat juig. Foto verskaf

Ondanks die skade, kon inwoners nie uitgepraat raak oor die ondersteuning van die plattelanders nie.

Reën het ook welkome uitkoms gebring, hoewel vlamme weer later die week plek-plek opgevlam het.


Kliek op skakel vir beeldmateriaal van die vlamme wat oor die pad spring: https://fb.watch/nlgbnA_I7r/

Related Articles

Back to top button