Hoop Ongegrendeld se virtuele koorproduksie

Kaartjies vir Hoop Ongegrendeld se virtuele koorproduksie is nou amptelik beskikbaar.

Na ‘n onseker en deurmekaar 2020 wil Hoop Ongegrendeld deur middel van sang en musiek Suid-Afrikaners gerusstel dat daar steeds hoop vir die toekoms is. 

In die hartjie van die grendelstaat het ‘n groepie entoesiastiese gelowiges saam met Lig in Duisternis Produksies besluit om hierdie projek aan te pak. 

Sang is soos die hartklop van die lewe en musiek het die vermoë om ’n mens te bemoedig sodat jy weer met hoop kan lewe.

Dié virtuele koorproduksie sal vanaf 16 tot 21 Desember eksklusief aanlyn op Dapper Media gestroom word. 
Kaartjies kos slegs R49 en jy kan die konsert bywoon en lekker saam sing in die gemak van jou huis.

Bekende kunstenaars wat aan die e-konsert gaan deelneem sluit in Nadine Blom, Rudi Muller, Elme Churr, Franzel de Wet, Alida Stoman, Melindie Pretorius, Babette Viljoen en Olga Leonard. 

“Die publiek het tot onlangs kooropnames ingedien wat by die musiek ingemeng gaan word sodat ons as ‘n groot gemeenskap saam kan sing om die boodskap van hoop in Afrikaans uit te basuin.  “Baie dankie aan elkeen wat ‘n kooropname ingedien het, ons sien uit na die finale produk,” het musiekleier Braam van Tonder gesê. 

Die wins van hierdie produksie sal deur gevestigde hulpverleningsorganisasies aan Suid-Afrikaanse boere in droogtegeteisterde gebiede en ander hulpbehoewendes geskenk word. 

Hoop Ongegrendeld benodig steeds vrywilligers wat kan help met die tegniese aspekte van die produksie en enige bykomende finansiële bydraes sal ook opreg waardeer word.

Indien jy belangstel om die produksie te borg of wil uitvind waar of hoe jy kan bydrae, kontak gerus vir Ds Henning Dafel by hoop@apkerk.co.za of 071 941 2785.

Koop kaartjies vir die Hoop Ongegrendeld tuiskonsert aanlyn by Dapper Media: https://bit.ly/HoopOngegrendeld

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button