Langarm saam met Klipwerf, Fatman en ander by Varstrap

Kom geniet die grootste boeremusiek dans partytjie van die jaar.

CARNIVAL City’s se Big Top Arena gaan ontplof met die klank van oorspronklike boeremusiek en die kloppende polsslag van paartjies wat langarm dans by die eerste Varstrap op 23 November.

Paartjies en families gaan tot in die laat ure van die aand dans, terwyl hulle die grootste boeremusiek danspartytjie van die jaar geniet. Aanboord om hierdie aand ’n groot sukses te maak is SAMA- en Ghoema-wenners Klipwerf Orkes, asook Die Ventertjies, Kosie Beukes met sy “boerepompie” en natuurlik ook die humoristiese Fatman.

Varstrap is ’n splinternuwe konsep en belowe om baie meer te wees as net ’n gewone sokkie jol.

Die Klipwerf is alles wat die Afrikaanse kultuur voor staan, braaivleis en lekker musiek.

Die Ventertjies het sopas ’n SATMA-toekenning gekry, wat een van die grootse prestaties in die boeremusiek industrie is.

Kobus Beukes, wat nou eers 12 jaar oud is, het reeds groot golwe gemaak in die musiekwêreld en is ’n talentvolle seun wat 12 instrumente kan speel.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Computicket en word verkoop teen R150 per person. Varstrap begin om 8nm en deure maak om 7nm oop.

Exit mobile version