Geniet ‘n genotvolle musiekaand

Die Cantare kinderkoor en Alberton Mannekoor gaan ook optree.

SONJA Herholdt word eersdaags in Alberton vereer!

Sy tree op 4 Augustus by die NG-kerk Alberton-Suid, Phantomstraat, Raceview op en sal by die geleentheid met ’n oorkonde deur die FAK vir haar blywende bydrae tot Afrikaanse musiek vereer word.

Die Cantare kinderkoor en Alberton Mannekoor gaan ook optree. Skoolkore wat hierdie aand ook hulle talent kom vertoon is Brackenhurst Primary, Dalmondeor en Waterstone College.

WEN

Drie gelukkig lesers staan die kans om elk twee dubbel kaartjies na die FAK prestige-toekeningsaand waarby Sonja Herholdt en Bennie Bierman vereer word, te wen. Kom luister na van haar bekendste werke. SMS Cantare na 48440 voor 30 Julie om 11nm om hierdie prys te wen. Wenners word op 31 Julie in kennis gestel. Koste R1.50 per sms.

Kaartjies is R80 per persoon en is by 082 257 1407 beskikbaar. Kinders onder 12 jaar gratis.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version