Uitstallers vir Kersmark gesoek

Kreatiewe handwerk entoesiaste, wat ‘n mark soek om hul produkte voor die Kerstyd te verkoop, moet dié nie misloop nie

DIE meeste is reeds besig met hul lysies vir hul Kersinkope – maar is jy, aan die ander kant en opsoek na ‘n mark waar jy jou unieke werk kan uitstal vir Kersaankope?

Ligstad beplan ‘n Kersmark vir die laaste Saterdag van November. Kreatiewe handwerk entoesiaste wat ‘n mark soek om hul produkte voor die Kerstyd te verkoop, word uitgenooi om kontak te maak met Andra Badenhorst, om ‘n stalletjie te bespreek vir die verkoop van hul handgemaakte produkte op die dag.

Die Kersmark sal op Saterdag, 26 November, by Ligstad, op die hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat, Alberton-Noord, aangebied word.

Kostes per stalletjie is R50 en die mark sal oop wees vanaf 09:00 tot 14:00. Vir stalletjiebesprekings, kontak vir Andra by 082 896 4288, of andra@ligstad.co.za.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version