EntertainmentLifestyle

Nagligte stel hul nuwe musiekvideo vry

Die rockgroep, Nagligte, se splinternuwe enkelsnit, 'Vir Nou' is onlangs uitgereik en nou volg die uitreiking van die musiekvideo daarvoor.

DIE rockgroep, Nagligte, se splinternuwe enkelsnit, ‘Vir Nou’ is onlangs uitgereik en nou volg die uitreiking van die musiekvideo daarvoor.

Die musiekvideo is op 11 September geskiet deur Michael Ellis in Brackenfell in Crossfit Okovango Kraaifontein en Durbanville met die talentvolle Inus Smuts as regisseur.

Dit fokus op ’n lewendige en energieke vertoning deur Nagligte. Die video vertel die verhaal van ’n middeljarige werkende man, gespeel deur Francois Coertze, se sieldodende roetine en gejaag na geld, wat hom nêrens bring nie. Dit sluit ook aan by die boodskap van ‘Vir Nou’ – om uit te breek uit die dodelike roetine van opstaan, werk, skuld betaal en slaap en om eerder jou passie te volg.

Nagligte bestaan uit Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) en hulle debuutalbum, ‘Hoop in die Donker’, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik.

*Mediavrystelling verskaf deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button