EntertainmentLifestyle

Leah se musiek skitter in nuwe film

Die film sal vanaf 25 November in teaters landswyd vertoon word.

DIE verhaal van ‘Die Sneeukoningin (The Snow Queen)’ is gebaseer op die oorspronklike klassieke sprokie wat deur Hans Christian Andersen geskryf is en in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is. Die verhaal handel oor die stryd tussen die goeie en die bose wat ’n klein seuntjie en dogtertjie, Gerda en haar broertjie Kai, aanpak.

In ‘Die Sneeukoningin 2’ word die storie verder gevoer. Na hulle oorwinning oor die Sneeukoningin het die trolle ’n smaak vir vryheid ontwikkel. In hierdie opwindende en gevaarlike avontuur leer Orm dat ’n mens nie vriende, geluk en ware liefde deur middel van bedrog kan bekom nie.

Ghoema-wenner Leah sing ’n nuwe oorspronklike liedjie vir die rolprent en is ook die stem van die film se heldin Gerda. Vanjaar het Leah een Ghoema- en drie Huisgenoot Tempo-toekennings verwerf as Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo vir haar debuutalbum ‘Wonderwerk’. Leah het ook ’n toekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar by die onlangse Bokkie-toekennings, wat jaarliks deur Bok Radio in die Wes-Kaap aangebied word, ontvang.

‘Maak My Dag’, geskryf deur Johan Vorster en Christoph Kotze, is ’n splinternuwe enkelsnit wat middel Oktober op Leah se nuwe album sal wees en ook as die temalied van ‘Die Sneeukoningin 2’ verskyn.

Bekende liedjieboer Vorster was medeskrywer van die musiek vir die plaaslik vervaardigde musiekblyspele, ‘Ons vir Jou’, ‘Jock of the Bushveld’ en ‘Shaka Zulu – The Musical’. Hy het ook die grootste deel van die musiek vir die Suid-Afrikaanse rolprent, ‘Platteland’, gekomponeer.

Die deluxe weergawe van Leah se album ‘Wonderwerk’ sal vanaf Oktober in winkels en daarna aannlyn beskikbaar wees.

Ander Afrikaanse stemme in die film word vertolk deur Pierre Breytenbach (Orm), Christine Voorendyk (Alfida) en Richard van der Westhuizen is Generaal Arrog. Die stemregie vir ‘Die Sneeukoningin 2’ is behartig deur Rina Nienaber wat ook die eerste film se Afrikaanse stemme geredigeer het. Ander bekende stemme sluit Lochner de Kock, Heidi Mollentze, Leila Etsebeth en Anton Dekker in.

Die musiek in die film is deur Mark Willott , ’n Emmy-bekroonde komponis uit die Verenigde Koninkryk, behartig.

Die film sal vanaf 25 November in teaters landswyd vertoon word. ‘Die Sneeukoningin 2’ word deur Indigenous Film Distribution in Suid-Afrika uitgereik en is vervaardig deur Wizart Animation en die Bazelevs Groep.

*Mediavrystelling uitgereik deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

Lees ook:

Modder en Bloed temalied en lokprent

Uitvlucht: ’n Film oor tweede kanse

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button