CompetitionsLifestyle

Afrikaans.com behaal tweede plek

Afrikaans.com gaan van krag tot krag op digitale platform.

TYDENS die heel eerste WAN-IFRA Digital Africa Awards, wat op 29 September by ’n glansgeleentheid in Sandton gehou is, het Afrikaans.com die gesamentlike tweede plek behaal in die kategorie Beste digitale reklameveldtog.

Die toekenning is vir die afgelope paar maande se digitale reklame-veldtog in Sarie.com en Huisgenoot.com toegeken.

Afrikaans.com se veldtog in die Media-24-publikasies het teen inskrywings van dwarsoor Afrika meegeding.

WAN-IFRA 2016 se Digital Media Africa-konferensie is deur 360 bedryfsafgevaardigdes van meer as 16 lande bygewoon. Die toekennings gee erkenning aan veldtogte wat die beste daarin slaag om hul gehore effektief op digitale platforms te betrek.

Die wenners sal nou om die World Digital Media-toekennings meeding en die wenners sal in Oktober, by WAN-IFRA se World Publishing Expo, in Wene, Oostenryk, aangekondig word.

Afrikaans.com is vir almal wat die taal lief het en wat saam aan die langtermyn toekoms van Afrikaans wil bou. Dit is ’n wegspringplek vir alles Afrikaans. ’n Plek waar jy jouself kan inlig, uitleef, uitdruk en vind … in Afrikaans. Gaan kyk gerus by www.afrikaans.com en gesels saam.

Neem deel:

Ons het nou die derde ronde in die kompetisie: “Hoe lyk jou Afrikaans?” bereik. Die laaste ronde sluit op 30 Oktober, waarna die wenners op 10 November aangekondig sal word. Alle kategoriewenners ding ook mee vir die groot prys van R10 000, wat op 16 November aangekondig word.

As jy dus nog nie deelgeneem het nie, gaan dan sommer nou na https://www.afrikaans.com/wen en neem deel – hierdie R10 000 soek ’n beursie!

Vir meer inligting of navrae, stuur ‘n e-pos aan Ingrid Erlank, redakteur, by ingrid@afrikaans.com.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button