Wen ’n lam by kerkbasaar

Kom 'weeg' ’n lam met jou oë vir slegs R20 en wen ’n hele lam, of ’n lamsboud as tweede plek of 1kg biltong as ’n derde plek.

HOPE pret en plesier wag vir een en elk by die basaar van die Gereformeerde Kerk, Oakdene op 1 Oktober.

Kom geniet die dag saam met die kerk, jou vriende en familie met pannekoek en vetkoek, worsrolle, koek en tee, springkastele, gesigverf vir die jongklomp en vele meer.

Hoe goed kan jy skat: Kom ‘weeg’ ’n lam met jou oë vir slegs R20 en wen ’n hele lam, of ’n lamsboud as tweede plek of 1kg biltong as ’n derde plek. Die lamskatting kan gedoen word by Roodt Vleis in Ontdekkersweg (net van die Gordon-afrit af) sou jy ’n meer akkurate skatting wou maak of kom loer Saterdag na die foto en maak jou voorspelling.

Kom koop klere of iets vir jou huis en Bybels in verskillende tale sal gratis beskikbaar wees.

Die kerk is geleë by Victoria Straat 62 en die basaar sal vanaf 09:00 tot 14:00 plaasvind.

Vir meer inligting kontak dominee Nico Botha by 083 629 8740.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version