Musieksterre stel liefde snit vry

Kunstenaars Cordelia en Pieter Koen het hul talente saamgespan vir ’n nuwe liedjie.

KUNSTENAARS Cordelia en Pieter Koen het onlangs hul talente saamgespan vir ’n nuwe liedjie.

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos ‘Mal In Jou Kop’ en ‘Eerste Woorde’, het kragte saamgesnoer met die bekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen (‘Man van Staal’ en ‘Wat Die Hart Van Vol Is’) en het pas die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, ‘Spel van Liefde’ uitgereik. Die liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter het Cordelia gesê: “Pieter Koen is vir my ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”

“’Spel van Liefde’ gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort, spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alles.”

Die liedjie is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner en vervaardig en gemeng by Muse Studios deur Hugo Ludik en Vaughan.

Die video is vervaardig deur AVC Studios en Luther van der Watt het die regie behartig. Die foto’s op stel is deur Carike Nel geneem.

Pieter is net so opgewonde oor die liedjie en het gesê dit was ’n groot pluimpie om deur Cordelia genader te word om ’n duet saam met haar op te neem. “Ek het nie twee keer gedink om betrokke te raak nie. Cordelia het al die elemente wat ’n kunstenaar nodig het om dit te maak, sy is gevestig in haarself as mens en weet hoe sy mense se harte wil bereik deur haar musiek. Ek glo die publiek gaan net so byval vind by die liedjie soos wat ek het. Ek wens Cordelia soveel sterkte toe met haar loopbaan.”

‘Spel van Liefde’ is beskikbaar op Cordelia se debuut album ‘Breek die stilte’ en word versprei deur Real Music Distribution.

*Verskaf deur Danelle Liebenberg van Starburst Music.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version