André Schwartz kom kuier

André Schwartz kom kuier in Alberton.

DIE immer gewilde André Schwartz maak eersdaags ’n draai in Alberton. Albertonners word genooi om saam met die lede van Johnny’s Catering ’n gesellige aand saam met Afrikaanse sanger, André Schwartz, te geniet.

André gaan op 10 Augustus om 19:30 by die Alberton Aftree-Oord optree. Kaartjies kos R80 per persoon en is beskikbaar by Willemien Coleman of Petro Vorster.

Kontak Williemien by 082 688 1910 of 011 907 1628 of Petro by 083 459 6474 vir meer inligting of om kaartjies te bespreek.

Hierdie is beslis een aand wat jy nie mag misloop nie.

 

 

Exit mobile version