EntertainmentLifestyle

Nuwe album propvol musiek vir die siel

Die Sama-, Ghoema- en Huisgenoot Tempo-genomineerde Charlize Berg se splinternuwe album, 'As Jy Weet Dis Liefde', is pas bekendgestel.

DIE Sama-, Ghoema- en Huisgenoot Tempo-genomineerde Charlize Berg se splinternuwe album, ‘As Jy Weet Dis Liefde’, is pas bekendgestel.

Haar musiekvideo, Braaf:

Saam met bekende liedjieskrywers soos Vaughan Gardiner, Johan Oberholzer, Roux Cloete, Bouwer Bosch, Joe Foster en Johan C Venter, het Charlize daarin geslaag om ’n vars en internasionale klank in Afrikaans op haar nuwe album te skep.

Wat Charlize van ander kunstenaars onderskei, is die feit dat haar album nie slegs uit ‘een treffer’ bestaan nie, maar uit liedjies soos ‘Braaf’, ‘Hartseer Hart’ en ‘As Jy Weet Dis Liefde’, ‘Asof Liefde Nie Seermaak Nie’ en ‘Ontbreek’, is ook treffersparade-materiaal.

Liedjies soos ‘Sink ons saam?’, ‘Kry My In Die Middel’ en ‘Breek’ het ’n internasionale klank wat vergelyk kan word met dié van sangeresse soos Taylor Swift en Ellie Goulding.

‘Before I Knew’ is die laaste snit op die album en is ’n duet met Joe Foster wat tot luisteraars se siele gaan spreek.

Charlize is opgewonde oor haar nuwe album en was betrokke by die skryfproses en kies van elke liedjie, “so dit beteken vir my iets persoonliks en gee ’n stukkie van my hart” sê Charlize.

Volgens haar kan bewonderaars beslis ’n unieke album verwag, van saamsing-liedjies tot danstreffers en ballades. Sy sê: “Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel na hartbreek of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees.”

Charlize het in 2014 twee Sama-nominasies ontvang as Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Beste Pop Album vir haar album, Charlize Berg. In 2013, het sy ’n Rapport/Vonk-toekenning ontvang as Suid-Afrika se blinkste musiekvonds.

 

Related Articles

Back to top button