EntertainmentLifestyle

Kuier saam bo-baas braaiers

Kom kuier saam met bo-baas braaiers die 23ste Augustus by Rietvlei Zoo Farm.

ALBERTON- Bring en Braai, soos op kykNET gesien, reël ’n braaifees wat beloof om liplekker te wees.

Braai entoesiaste word genooi om die hele familie saam te bring vir hierdié saam braai geleentheid wat geen braaier met murg in sy pype sal wil mis nie! Daar gaan vermaak vir oud en jonk wees met optredes deur Thys die Bosveldklong, Wikus van der Merwe, Jakkie Louw en MarulaBoom.

Die braaifees word by die Rietvlei Zoo Farm, te Swartkoppies Weg, gehou op 23 Augustus om 11:00 en almal gaan heerlik saam kuier tot die kole dood is. As jy jou braaitang vir die dag wil ophang en smul aan vorige Bring en Braai deelnemers, soos Sterrebraai reekswenner Borries Bornman, se kos, beloop die koste R250 per volwassene en R100 per kind.

As jy self wil braai beloop kaartjies R60 vir kinders en R125 vir volwassenes. Die splinternuwe Brafia souse sal beskikbaar wees om te proe en nuwe lewe aan jou braai te gee.

Kaartjies is beskikbaar by Plankton.mobi en sluit op 16 Augustus. Opbrengste uit die kaartjie verkope is ten bate van die Piet Streicher kanker fonds.

Vir verdere navrae of donasies aan die kankerfonds skakel Borries by 078 133 8069.

Related Articles

Back to top button