Kom geniet die Ou Motorskou

Die Ou Motorskou vind op Saterdag, 4 Maart, plaas.

DIE gewilde Ou Motorskou sal vanjaar weer eens by the NG Kerk Danie Theron, in Eikenhof, plaasvind, op Saterdag, 4 Maart. Die hekke sal reeds om 08:00 oopmaak. Daar sal talle stalletjies wees waar besoekers gedurende die dag iets kan koop, onder meer pannekoek en vetkoek en maalvleis, en smullekker tuisgebak sal ook beskikbaar wees.

Kom geniet die dag en besigtig die ou motors van weleer. Enige person kan ook sy ou of veteraanmotor inskryf.

Vir meer inligting, skakel Dawie Liebenberg by 083 684 0085 of die kantoor by 011 948 9200.

Aanwysings: M1 Suid Johannesburg – R82 Ou Vereenigingweg, oor Swartkoppiesweg, verby Lido Hotel, oor Lenasia kruising +/- 1km, kerk op linkerkant, Plot 70A.

Van Germiston/Alberton, neem Swartkoppies in ‘n westelike rigting, sowat 10 km van Brackenhurst, T aansluiting, draai links op R 82 +/- 2 km, kerk op die linkerkant, Plot 70A.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version