Local sportSport

Meghan dra naellope kroon

Beste naelloper in haar ouderdom.

MEGHAN Phillips dra reeds vir drie jaar die naellope kroon. Sy is vanjaar die derde agtereenvolgende jaar die 100m naellope-kampioen in haar ouderdomsgroep.

Die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe is van 25 tot 28 Maart in Rustenburg gehou, waar al die provinsies se atlete in die verkillende atletieknommers hul staal gewys het.

Phillips, is ‘n matriekleerling by Helpmekaar Kollege, en het in die finaal van die meisies naellope geseevier. Vier jaar gelede (2012) het sy in haar eerste SA-skole atletiek deelgeneem en toe agste plek verower. In 2013, 2014 en 2015 het sy die goue medaljes in die nommer ingeoes.

Sy word deur die bekende atletiekafrigter, Stephanie Kotze, reeds vier jaar afgerig. Alhoewel sy ‘n moeilike seisoen met baie beserings agter die rug het, het sy nietemin deur die seisoen goed gevaar het.

Related Articles

Back to top button