Dolores kikker klub se vieringe op

Eerste lid van Tuffotnein Rolbalklub wat haar provinsiale kleure verwerf.

TURFFONTEIN – Die Turffontein Rolbalklub vier vanjaar sy 100ste verjaarsdag en Dolores van der Linde het die vieringe opgekikker met haar prestasie.

Sy is die eerste lid in die klub se bestaan om provinsiale kleure te verwerf. Dolores is al sowat 20 jaar lid van die klub en het haar Senior Johannesburg Rolbal Vereniging kleure in Februarie verwerf.

Volgens haar het hulle haar uitgenooi om aan die proewe deel te neem wat by Old Edwardians plaasgevind het. Sy was verbaas om die span te haal. Die lede van die viertal is Skipper: Jenny Smith, derde speler: Gail Gebbhard, tweede speler: Dolores van der Linde, eerste speler: Gail Neilson.

“Dit is vir my ‘n groot eer om my senior provinsiale kleure te verwerf,” het sy gesê. “Ons klub het nog nooit in sy bestaan iemand gehad wat kleure verwerf het nie.”

Sy sê haar grootste ondersteuner, haar man Alwyn, is ook die klub se grootste ondersteuner, veral as dit by die vrouespelers kom. “Hy ondersteun ons altyd, hetsy op geldelike wyse of om ons aan te spoor.”

Behalwe haar man wat haar ondersteun, is haar borg “Epic”, wat haar help om haar geliefkoosde sport te kan speel.

Die klub is weekliks oop van 09:00 Maandae tot Sondae. Dinsdae is pensionarisdag, Saterdae speel die klub liga en Sondae is dit kompetisiedag en TABS.

Kontak Hennie op 011 683 5215.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version