Local news

Barbara Veenemans Toekenningsplegtigheid beloof ‘n unieke musiekaand

Musiekliefhebbers kan uitsien na 'n uitsonderlike aand van klank en kultuur wanneer die NG Kerk Alberton-Suid hul deure open vir 'n spesiale koorkonsert en die toekenning van die FAK-eerbewys aan die legendariese Barbara Veenemans.

Op 16 Augustus sal sewe spogkore die verhoog betree om die gehoor met hul talent en diversiteit te bekoor. Hierdie musiekaand, wat om 19:00 begin met deure wat reeds om 18:30 open, beloof om ‘n hoogtepunt op die kalender te wees.

Die konsert vind plaas by NG Alberton-Suid, op die hoek van Phantom- en Candicanstraat in Raceview.

Barbara Veenemans toekenning

‘n Spesiale hoogtepunt van die aand is die FAK se toekenning aan Barbara Veenemans.

As een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande sopraan sangers, het Veenemans ‘n nalatenskap van onvergeetlike optredes in operas, operettes en musiekblyspele gelaat.

Haar stem, bekend vir sy natuurlike vol liriese klank en sterk dramatiese hoë note, het haar ‘n geliefde figuur op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak. Die toekenning erken haar bydrae tot die kunste oor ‘n loopbaan van meer as vyf dekades.

Haar dogter, Michelle Veenemans, lewer ‘n spesiale program ter ere aan Babara op hierdie luisterryke aand.

Kry jou kaartjies nou

Kaartjies is vooraf beskikbaar teen R60 vir volwassenes en R40 vir pensionarisse en laesrkoolkinders (nie-koorlede) en is te koop op www.cantare.org.za/events

Gaste kan ‘n skool nomineer om ‘n gedeelte van hulle kaartjie aan een van die deelnemende skool te skenk.

Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees teen R60 per persoon, maar slegs debietkaarte sal aanvaar word. Let daarop dat skole geen gedeelte van hierdie verkope ontvang nie.

Hierdie gebeurtenis bied ‘n unieke geleentheid om die rykdom van koormusiek te vier en ‘n musiek-ikoon te eer. Moet dit nie misloop nie. Verseker jou plek en wees deel van hierdie vieringe.

Vir meer inligting en kaartjies, besoek www.cantare.org.za/events

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button