Local newsNewsSchools

Nuwe onnies by Hoërskool Marais Viljoen High School

Viljoenêrs verwelkom nuwe onnies.

Hoërskool Marais Viljoen High School verwelkom agt nuwe personeellede vir die jaar 2023.

Baie welkom aan Charlene Sinden, Eben du Toit, Karla Dippenaar, Natalie van der Merwe, Riandri Venter, Rochelle Smith, Zonica Wallace en Morne McMaster.

Die skool hoop dat die nuwe hoofstuk opwindend en voorspoedig gaan wees.

“Ons weet sommer dat julle diep spore by Marais Viljoen gaan trap,” het Adri Shaw, woordvoerder van die skool gesê.

Morne McMaster gaan krieket by die skool afrig.
Charlene Sinden gaan wiskunde en lewensoriëntering aanbied.
Zonica Wallace is verantwoordelik vir Afrikaans eerste addisionele taal en lewensoriëntering.
Natalie van der Merwe is die nuwe wiskunde en wiskunde geletterheid onderwyser.
Rochelle Smith gaan wiskunde en wiskunde geletterheid gee.
Riandri Venter gaan Afrikaans eerste addisionele taal en lewensoriëntering aanbied.
Eben du Toit is die nuwe onnie vir toerisme, geskiedenis, besigheidstudies en bedryfsekonomie.

Related Articles

Back to top button