Hoërskool Alberton het onlangs hulle matriekafskeid gehou en dit was vir die klas van 2022 ‘n dag om te onthou.
Leerders het by die skool bymekaar gekom en voor toeskouers gepronk waarna hulle na die Meyer Plaas vertrek het om die aand te vier en te geniet.