Local newsLocal sportNewsSport

Alberton Rolbalklub hou algemene jaarvergadering

Engela Gerber lei vanjaar die Alberton Rolbalklub.

Die Alberton Rolbalklub het op 11 September hulle algemene jaarvergadering gehou.

Tydens die vergadering is die nuwe bestuurskomitee vir 2021 en 2022 aangewys, en Engela Gerber is aan die stuur van sake.

Rolbalspelers in aksie op 11 September.

Lucas du Plooy is as vise-president verkies, finasiële bestuurder is Beata Coetzer, ere-sekretaris/tesourier is Maria de Sousa, kompetisie sekretaris is Adie Crossey en Marius Coetzee is as addisionele lid gekies.

Engela Gerber, Lucas du Plooy, Maria de Sousa, Johan Myburg en Cindy Struwig.

Die dag was afgesluit met ‘n paar rondtes van rolbal en ‘n gesellige samekoms by die klub.

Vir meer inligting of om deel van die klub te word, kontak Maria by 083 415 8443.

Francine Clarke, Marius Coetzee en Beata Coetzer.
Linda Leeds, Patrick Leeds en Bennie Booysen.
Voor: Judy Broodryk en Lisa Smit.
Agter: Elsa Meyer, Trudy Beytel en Christie van Biljon.

Related Articles

Back to top button