Ses-en-vyftig rose vir Roberts-egpaar

Die egpaar hou daarvan om alles saam te doen.

VYF-EN-SESTIG jaar van samewerking, geloof, hoop en liefde is wat die Brackendowns egpaar, Lizzie (87) en Willie (88) Roberts, tot vandag toe nog bymekaar hou. Hulle het op 8 Desember hul 65ste huweliksherdenking gevier.

“Elke jaar kry ek die hoeveelheid jare in rooi rose op ons huweliksherdenking,” het Lizzie gesê. Dié twee tortelduifies het mekaar ontmoet deur een van Willie se niggies wat bevriend met Lizzie was. Kort voor lank was dié twee dolverlief op mekaar en op 8 Desember 1951 het die egpaar voor die kansel gestaan in Melville NG Kerk in Vierdelaan. “Lizzie was die mooiste bruid en sy het my asem weggeslaan,” het Willie gesê.

Volgens Lizzie was sy baie opgewonde op hul troudag en kon nie glo dat hul groot dag eindelik aangebreek het nie.

Vyf-en-sestig jaar later het die egpaar drie kinders, ses kleinkinders en vier agterkleinkinders.

Volgens die egpaar was daar deur die jare baie gelukkige tye, maar ook teëspoed.“’n Mens leer uit die slegte tye en al wat saak maak is dat jy dit saam jou eggenoot deurgemaak het,” het Willie gesê.

Voordat hulle drie jaar gelede Brackendowns toe getrek het, het hulle vir 30 jaar lank op Kibler Park gewoon. Willie beskryf sy Lizzie as ’n vredemaker en Lizzie beskryf hom as ’n baie handige man.

Iets wat niemand van hulle weet nie is dat hulle boekies het met die outydse pryse in.

Die pensionarisse het ook gesê dat hulle daagliks probeer om besig en aan die gang te bly. Hulle raad aan ander paartjies is om probleme uit te praat en nie kwaad te gaan slaap nie.

In Willie se vryetyd hou hy daarvan om homself besig te hou en help graag mense met huiswerkies. Lizzie hou weer daarvan om te bak, sowel as naald- en masjienwerk te doen. Sy maak graag vir haar agterkleinkinders klere.

Lizzie en Willie wil graag in die toekoms meer op vakansie gaan. Hulle hou daarvan om te vlieg en hul lekkerste vakansie was destyds in Hartenbos toe hulle oudste kind slegs twee maande oud was.

“Vandag se jongmense moet positief bly, nie weghardloop van hul probleme af nie en net hulself wees,” het hulle gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version