Local newsNews

Voormalige redakteur Theo spog met ‘n boek

Dié is die ideale kersgeskenk.

VOORMALIGE redakteur van verskeie Caxton tuiskoerante en inwoner van Roodepoort, Theo Eybers, het nou sy eie boek die lig laat sien.

Theo se publikasie, Omega, behoort in die smaak van baie lesers te val. Dit is ‘n lekkerlees spanningsverhaal, maar met ‘n besondere geestelike aanslag. Die storie is internasionaal met die CIA, die FBI en die Iranse intelligensiediens, MOIS, in die prentjie maar ook plaaslik, rondom Johannesburg. En die Illuminati, ‘n wêreldmag soek die bloed van ‘n Suid-Afrikaanse professor.

Dit beloof om die leser op ‘n unieke gedagtevlug te neem.

Theo was redakteur van, ondermeer, Kempton Express, Randburg Sun en ander Johannesburgse koerante. Hy was ook later bestuurder van die Wes-randse tak van Caxton, wat Roodepoort Rekord, Krugersdorp Nuus en Randfontein Herald publiseer.

Die boek is beskikbaar by www.publishingworldsa.com en is ‘n ideale kersgeskenk.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button