Local newsNews

Sentrum wil graag jongmense help

Die skool beplan om kinders met Downsindroom en soortgelyke intellektuele beperkings op te voed en te ontwikkel volgens hul unieke behoeftes.

DIE Emmerentia Ontwikkelingssentrum (EOS), wat vir kinders met Downsindroom en leerprobleme (op soortgelyke vlak) sorg en skoolgee het onlangs, ’n opedag gehou.

Op Dinsdag, 22 November, het EOS gaste verwelkom om te kyk hoe hul skool ingerig is, en hul fasiliteite te sien, sowel as om met terapeute, spesialiste, borge en toepaslike organisasies kontak te maak om die sentrum te help om die kinders eendag suksesvol in die samelewing in te skakel.

Die skool, wat in Randhart, Alberton geleë is, beplan om die kinders met Downsindroom en soortgelyke intellektuele beperkings op te voed en te ontwikkel volgens hul unieke behoeftes, sowel as om aan ouers die nodige kennis te verskaf en leiding te gee om beskikbare bronne te gebruik en daarmee hul ondersteuning te bied, sonder die beperkings van ’n gewone 08:00 tot 17:00 werksdag.

“Emmerentia Ontwikkelingssentrum is ’n voltydse sentrum, wat ’n sterk akademiese grondslag skep deur persoonlike onderrig. ’n Algemene verhouding van 1:6 word gehandhaaf in die klas, maar akademiese onderrig geniet ’n 1:1 leerling-juffrou verhouding, terwyl praktiese lewensvaardighede, gespesialiseerde fisiese ontwikkeling en tegnologiese stimulasie ook voldoende aandag geniet. Stimulerende musiek en kuns aktiwiteite verleen gesonde balans om ons kinders elke geleentheid te gee om hul volle potensiaal te bereik en saam met die sentrum te groei tot jong volwassenes en om suksesvol in die samelewing te integreer,” het Lynn Steenkamp, direkteur en eienaar van die sentrum, gesê.

Vir meer inligting, kontak die sentrum by 082 412 4233.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button