Radio Raps kom Alberton toe

Koop jou kaartjies nou om hierdie bobaas vertoning te gaan kyk.

TYD vir lekker lag saam met Radio Raps se Jonathan is ’n geleentheid wat jy nie sommer wil misloop nie.

Hierdie gewilde komediant, bekend vir sy sê-goed soos “Lekker boys”, “Da vat hy”, “Okeey”, “Olraait” en “Basics boys, basics”, tree eersdaags in Alberton op ten bate van Stepping Stone Hospice & Care Services.

‘Laat ek jou só sê’ word briljant deur hom saamgevat in ’n eenmanstuk wat handel oor dinge van die lewe wat alledaags is en ons kan irriteer. Jonathan verduidelik dat die lewe moeilik is om te verstaan. “Laat ek jou só sê, dit is nie so complicated nie. Dit hang af aan watter kant van die draad jy staan, my tjom! Mense is snaakse goed, hulle het komplekse verduidelikings vir allerhande dinge. Wel, laat ek jou só sê, die waarheid is nie noodwendig ‘complicated’ nie, jou aanvaarding daarvan kan wel complicated wees,” het hy gesê.

Die vertoning vind op Woensdagaand 10 Augustus by Reading Buiteklub plaas en die toegangsfooi van R350 per persoon sluit ’n aandete en ’n brandewyn-en-wynproe geleentheid in. Verskeie pryse kan ook gewen word, onder andere ’n helikoptervlug, en ’n vierbal om ’n rondte gholf op die Parys Gholfbaan te gaan speel.

Kontak Brenda Peach vir kaartjiebesprekings by 063 648 1408 of e-pos na brenda@steppingstonehospice.co.za. Daar is egter ’n ouderdomsbeperking – geen kinders onder 16 jaar as gevolg van die taalgebruik in die vertoning nie.

Kyk Radio Raps se video hier:

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version