Editor's choiceLocal newsNews

David (80) steeds vermis

Mense met meer inligting, kan Karen skakel by 073 959 6113 of Kelvin by 079 332 5012.

DAVID Johannes Mansion (80) word vermis van sy huis in South Crest sedert Vrydag 29 April. Volgens sy skoondogter, Karen Lewis, het hulle hom die laaste keer op Vrydagoggend so net voor 07:00 gesien voor sy haar kind skool toe gevat het.

“Ons het daai middag so net na 14:00 by die huis gekom en gesien dat hy nie tuis was nie,” het sy gesê. Hulle het aangeneem dat hy kafee toe geloop het omdat hy al die deure gesluit het.

“Hy lei aan Alzheimers en dimensia en ons is baie bekommerd.” Karen gaan vandag verskillende lykshuise besoek om te gaan kyk of David daar is.

Hy is laaste gesien met ’n roomkleurige langbroek, ’n grys hemp, swart skoene en ’n swart blokkies hoed. Hy is skraal gebou en byna tussen 1.72 en 1.75m lank. “Ek weet nie of hy vergeet het waar die huis is nie,” het Karen bekommerd gesê.

Mense met meer inligting, kan Karen skakel by 073 959 6113 of Kelvin by 079 332 5012.

Related Articles

Back to top button