Kom wys jou sangvernuf

As iemand ooit gedink het dat die Alberton Dameskoor ’n vervelige besigheid is, dink weer.

AS iemand ooit gedink het dat die Alberton Dameskoor ’n vervelige besigheid is, dink weer.

“Ons is ’n baie uiteenlopende groep dames van alle ouderdomme, van 18 tot 80 plus, almal met die behoefte om te sing. Ons kom om op ’n Donderdagaand van 19:00 tot 20:30 saam om te sing en te kuier. Ida Strydom, koorleidster van onder andere die Cantare Kinderkoor is ons leidster. Ons huidige ledetal is ongeveer 20, maar ons sal graag nog meer lede wil hê,” sê Joke Klut namens die koor.

Belangstellendes kan hul voorsitter, Elna Pelser by 079 023 6220 kontak. Die koor tree ook graag op by funksies en verskillende gemeentes en reëlings vir optredes kan met die voorsitter getref word.

Lees ook:

*https://albertonrecord.co.za/96245/raak-by-koorgroep-betrokke/;

*https://albertonrecord.co.za/60992/lawwe-hoed-teeparty/

Exit mobile version