NGK Alberton-Wes gholfdag

Skryf nou in en kom geniet ’n gesellige dag van gholf by die Reading Buiteklub.

GHOLFERS word genooi om ’n potjie gholf saam met die NG Kerk Alberton-Wes te kom geniet op Donderdag, 10 Maart.

Die gholfdag word by Reading Buiteklub aangebied en gholfers en inwoners word genooi om vir ’n vierbal in te skryf, ’n putjie te borg teen R500, of enige donasie te maak.

Die koste per vierbal beloop R1 200 wat baanfooie, aandete en pryse tydens die aand se prysuitdeling insluit. Die formaat van die kompetisie is ’n twee-bal-beter-bal.

Vir enige navrae skakel Vicky Bernard by 083 232 5039, Jurg Garbers by 082 450 2799, Deona Bernard by 011 869 001 (tydens kantoor-ure van 08:00 tot 14:00) of Leopold Dussing by 076 040 2133 vir donasies en borge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version