Local newsNews

Dini lei weer VLU-tak

Belangstellendes kan Dini by 082 552 4683 of Elize by 074 118 8402 skakel.

DINI Jansen is weer tydens die Sonskyn VLU-tak se 783ste maandelikse vergadering as die voorsitter aangewys.

Die vroue het op 22 Februarie bymekaargekom. Een van die hoofsake was die verkiesing van die nuwe bestuur. Die sekretaris is Jeanette Vorster, die tesourier is Bertha Engelbrecht en die skakelbeampte is Dalien Groenewald. Babs de Wet, Nicci du Preez en Anna Oosthuizen is as die addisionele lede aangewys. Barbara Steenkamp, die streekssekretaris, het ook die vroue toegespreek en hulle raad gegee oor hoe om te werk te gaan vanjaar.

Lede het ook waterbottels gebring om by te dra tot die waterprojek wat water na die droogtegeteisterde gebiede neem.

Dan het die voorsitter ook gesê dat dié tak jong lede nodig het. “Ons word nie jonger nie en hoe gaan die VLU voortbestaan sonder vroue wat die leisels by ons kan oorvat.” Sy het gesê dat die VLU die regte plek is om nuwe dinge te leer, idees uit te ruil en om nuwe vriendinne te maak. “Ons is ’n familie en het vet pret tydens vergaderings,” het Dini gesê. Die VLU-vroue vergader een keer ’n maand. Dié tak vergader weer op Maandag, 7 Maart, om 10:00 by die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Glenrylaan.

Diegene wat belangstel, maar dit nie kan bywoon nie omdat hulle werk, word na die Wildekastaiing VLU-vergadering genooi. Volgens Elize Dickson vind die vergadering maandeliks vanaf 19:00 by die NG Kerk se oosgemeente plaas. Belangstellendes kan Dini by 082 552 4683 of Elize by 074 118 8402 skakel.

Related Articles

Back to top button