Local newsNews

AfriForum verkies komitee vir beplande Alberton-tak

Voor die vergadering verdaag het, is die komiteelede verkies, en Willie van Wyk as die tak voorsitter aangewys.

AFRIFORUM het op 8 Februarie om 18:00 ontmoet om te gesels oor hul beplande tak in Alberton, en lig te werp op die organisasie se manifes en doelwitte.

Kallie Kriel, die organisasie se uitvoerende hoof, het Albertonners by die Alberton Rugbyklub, toegespreek. “Ons sien onsself as doeners, nie praters nie. Op 26 Maart sal ons 10 jaar oud wees, en ons het begin met net drie personeellede en geen lede nie, maar ons is vanaf einde Januarie 163 000 lede sterk, en het meer as 90 personeellede. Ons moet beding en aktief bly om oplossings vir al die probleme in ons land te kry,” het Kriel gesê.

Marcus Pawson, die hoof van die organisasie se plaaslike regeringsafdeling, het meer oor die organisasie se manifes uitgebrei en die volgende uitgewys:

*Burgerregte vir almal;

*Kulturele vryheid en minderheidsregte vir alle nasionale minderhede;

*Grondwetlike regte moet in die praktyk realiseer;

*Selfstandige en selfrespekterende gemeenskappe moet gevestig word;

*Vreedsame naasbestaan en verdraagsaamheid moet deur skikkings bereik word;

*Wedersydse erkenning en respek moet gevestig en gekoester word;

*Ewewig tussen ekonomiese ontwikkeling, die omgewing en globalisering moet gevind word.

Voor die vergadering verdaag het, is die komiteelede verkies en Willie van Wyk as die tak voorsitter aangewys.

 

Related Articles

Back to top button