Local newsNews

Plaaslike aktrise reik na die sterre

LARÉ Birk (29), van Alberton se loopbaan as aktrise is beslis op dreef, met haar rol in die nuwe fliek, Vir Altyd. Hierdie aktrise is nie net ’n talentvolle speler en mooi gesig nie, sy is ook ’n suksesvolle besigheidsvrou. “My eerste besigheid is Woodlady, waar ek oortollige hout van besighede wat geoogmerk is vir …

LARÉ Birk (29), van Alberton se loopbaan as aktrise is beslis op dreef, met haar rol in die nuwe fliek, Vir Altyd.

Hierdie aktrise is nie net ’n talentvolle speler en mooi gesig nie, sy is ook ’n suksesvolle besigheidsvrou. “My eerste besigheid is Woodlady, waar ek oortollige hout van besighede wat geoogmerk is vir herwinning neem, dit dan ‘re-purpose’ en die hout in verskeie nuttige items omskep,” het sy gesê.

Laré het sopas ook haar eie restaurant, Grain – Food & Wood, in die Maboneng distrik oopgemaak wat inval by haar eerste besigheid. Al die hout bykomstighede en dekor is deur Woodlady gedoen, en daar is ook ’n winkel waar besoekers van die hout-produkte kan koop.

Terug na die rolprent, vertel Laré dat die skiet van die fliek haar vir twee weke in die Paarl besig gehou het. “Die laaaste gedeelte van die film, waarvan ek ongelukkig nie deel is nie, is in Mauritius verfilm.”

Junie vanjaar sal haar derde jaar in die industrie wees. “Ek is so bevoorreg om klaar met soveel van ons top akteurs en aktrises te kon werk.”

Laré is oorspronklik van Piketberg in die Wes-Kaap, maar het Alberton toe getrek toe sy nog jonk was. Vir haar internskap het sy by Egoli gewerk, waar sy baie geleer het, en het ook gevind dat sy ’n voorliefde vir die beligtings aspekte van die filmwêreld het.

Haar eerste betaalde gig was vir ’n Toyota advertensie, en haar eerste fliek was Musiek vir die Agtergrond. Sy het ook al saam met Leon Schuster in ‘Schuks! Your Country Needs You’ verskyn.

In 2011 is Laré gekies vir die SA Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste en na aanleiding van haar prestasies daar, is sy gekies as een van die groep om Suid-Afrika in Los-Angeles, VSA te gaan verteenwoordig. Sy het daar verskeie beurse gewen om in New York te gaan studeer, maar die kostes was net te veel en sy moes noodgedwonge terugkeer.

Laré is tans besig met haar meestersgraad in filmteorie en -analise aan die Noord-Wes Universiteit.

Hierdie pragtige jong aktrise is beslis een om ’n ogie op te hou in die toekoms.

Related Articles

Back to top button