Local newsNews

Dominee sterf tragies

Bart Nel, ‘n fietsryer, is op Dinsdagoggend 3 November doodgery naby Eagles Nest op die Ou Vereenigingpad nadat hy na bewering deur ‘n taxi getref is.

RIDGEWAY – Die ongeluk het omstreeks 06:30 plaasgevind en word tans deur die Mondeor-polisie ondersoek.  Hulle versoek enigiemand met inligting om die polisie by 011 433 5421 te skakel.

Bart Nel, ‘n inwoner van Ridgeway en dominee van die Nederduits Gereformeerde Kerk Kroonrand was gewild onder inwoners van die area.  Sy familie beskryf hom as ‘n geliefde man, pa, seun, vriend, broer, leraar, herder en mentor wat altyd positiwiteitheid uitgestraal het.

12187820_941964772541597_4648378872408920588_n (Custom)

Vir sy gemeente was hy Doom Bart, ‘n mens met ‘n groot hart en ‘n passie vir sy medemens. ‘n Mens wat betrokke was by elke lidmaat en hul families. ‘n Mense-mens.  Sy leuse was om altyd te leef as ‘n kind van die Here en om ook elkeen met wie hy in aanraking kom te inspireer om ook Jesus se voetspore te volg.

 

 

 

Related Articles

Back to top button