Local sportSport

Ou Motorskou

NG Gemeente Danie Theron Eikenhof sal weer eens die Veteraan motorskou en basaar aanbied.

NG GEMEENTE Danie Theron Eikenhof sal weer eens die Veteraan motorskou en basaar hou op14 Februarie om 08:00 tot 15:00.

Almal word uitgenooi om na die motorskou en basaar te kom. Dit bied vermaak vir een en almal.

Pannekoeke, vars gebakte brood en koek, hoender pregos, skaap en hoender sosaties sal te koop wees, asook vetkoek met maalvleis, koeldranke en speletjies.

Toegang vir motoruitstallers is gratis, R10 per persoon, laerskoolkinders gratis. Vroue wat veteraan motors skou kan ook pryse wen.

Kom spog met jou veteraanmotor. Bel Antoinette op 082 898 2805 of Cecile op 082 350 2027 vir meer inligting.

Arts en Crafts Stalletjies is beskikbaar teen R150 per stalletjie. Daar is geen kosstalletjies te huur nie.

Stalletjies moet voor 07:00 die oggend opgeslaan wees weens spasie. Geen voertuie behalwe veteraanmotors word binne die terrein toegelaat nie.

Aanwysings: N1 Suid van Pretoria – M1 Suid Johannesburg – R82 Ou Vereenigingweg, oor Swartkoppiesweg, verby Lido Hotel, oor Lenasia kruising sowat 1km, kerk op linkerkant, Plot 70A.

Van Germiston/Alberton neem Swartkoppies in ‘n westelike rigting, sowat 10 km van Brackenhurst, T-aansluitng, draai links op R 82 sowat 2km, kerk op die linkerkant, Plot 70A.

Related Articles

Back to top button