EntertainmentLifestyle

Anna Wolf en Pop Morrison fokus spookagtige chemie op titelsnit vir die nuwe gruwelfilm

“Die liedjie weergee die toon lank voor jy die film gesien het, op dieselfde wyse as wat die film ‘n merk op jou laat na jy dit gesien het.” – Pop Morrison, vervaardiger/liedjieskrywer.

Met fabelagtige, atmosferiese klanke en eteriese uitvoerings is daar ’n sprokie-gevoel aan The Unfamiliar.

Die bygaande video wys Anna Wolf en Pop Morrison wat die liedjie uitvoer, afgewissel met tonele uit die film wat soos spookbeelde verskyn van buite die storielyn.

Anna se stem herroep hier die anderwêreldse estetika van Kate Bush en Joanna Newsom soos die snit speel met die dinamiek van hard/sag, helder/donker, met subtiele kompleksiteit. Pop se vervaardiging loop oor van skreeuende kitare en stemmingsvolle vermenging met weergalmende agtergrondsang.

Die somtotaal van al hierdie faktore is ’n meesleurende en noemenswaardige uitvoering wat skoonheid vind midde die okkultiese psigo-drama van die film.

Oor Anna Wolf en Pop Morrison

Anna is ’n sangeres/liedjieskrywer en is reeds menigmaal bekroon vir haar prikkelende, aangrypende en hoogs idiosinkratiese musiek. Pop is die alias van Jamie Morrison, die huidige tromspeler vir Stereophonics en, onder hierdie noemnaam, ’n eksplosiewe musiekvervaardiger in sy eie reg.

Voordat hulle begin skryf het, het die paar ’n private skakel ontvang om The Unfamiliar te kyk, en om die snit se rigting te bespreek met regisseur en mede-draaiboekskrywer Henk Pretorius.

Anna het gesê: “Ons het ’n metaforiese benadering geneem om die immer-bouende, onheilspellende toon van die film oor te dra. Die liries-gedrewe lied is ook ’n huldeblyk aan die nostalgie wat die film in my gewek het as ’n aanhanger van The Shining en Hitchcock se Psycho.”

Die eindresultaat het die visie van die filmmakers oortref, met Henk wat opgemerk het dat: “Anna Wolf en Pop Morrison se musiek dra op ’n droomagtige manier die donker trekkrag van The Unfamiliar oor. Ek het emosioneel geraak toe ek hoor wat hulle saam geskep het.”

Oor The Unfamiliar film 

Kyk: Anna Wolf en Pop Morrison – The Unfamiliar via YouTube

The Unfamiliar is ’n onafhanklike gruwelfilm wat afspeel in die Verenigde Koningryk en Hawaii, en ’n smeltkroes van ontluikende Britse, Europese en Suid-Afrikaanse talent ten toon stel, in die rolverdeling sowel as die produksiespan.

Met regie deur Henk en vervaardig deur Llewelynn Greeff en Barend Kruger, sien die film vir Anglo-Franse Jemima West (Indian SummerThe Mortal Instruments) in die hoofrol as Britse militêre dokter, Elizabeth ‘Izzy’ Cormack, wat terugkeer van die oorlog om haar verhouding met haar vervreemde familie te herstel. Ontsenu deur die vele onverklaarbare insidente in die huis, soek Izzy om hulp by ’n ondoeltreffende psigiater, voor sy haar man betrek.

Hy glo dat Izzy deur PTSV gaan en raai haar aan om te rus en te herstel in Hawaii. Dis daar wat sy ingesleep word in die onderwêreld van Hawaiïese mitologie soos sy poog om die breedvoerige en elegante raaisel uit te pluis om ’n vreesaanjaende, oer-spirituele teenwoordigheid te ontbloot wat by haar familie spook.

https://www.facebook.com/RealAnnaWolf/

https://twitter.com/realannawolf

https://www.instagram.com/realannawolf/

https://open.spotify.com/artist/0DpjMYzcA7lY3DawON9HP0

You can read the full story on our App. Download it here.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 8 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button