Mark deur al die besoekers geniet
Die Futura Skool se mark het vanaf 2 tot 4 Augustus plaasgevind.
FUTURA Skool het vanaf 2 tot 4 Augustus ’n mark by Sha-Mani Lodge in 30 Doncaster Weg in New Market gehou.
Daar was omtrent 180 stalletjies met ’n verskeidenheid van goedere. Die mark, wat drie dae geduur het, het baie voete gelok.
Op Saterdag, 3 Augustus was daar ook vir die manne rugby op ’n grootskerm gewys. Smullekker kos was verkoop en daar was beslis ook nie ’n tekort aan soetgoed nie.
Vir die kinders was daar ’n klein mallemeule en hierdie jaarlikse mark is beslis een vir jonk en oud.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.