EntertainmentLifestyle

Nagligte stel nuwe enkelsnit vry

Nagligte is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir Nuweling van die Jaar en Groep van die Jaar.

DIE rockgroep Nagligte het onlangs hul nuwe enkelsnit, Bly, vrygestel.

Nagligte is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir Nuweling van die Jaar en Groep van die Jaar.

Hulle het ook al gesig gewys op televisie programme soos Jou Show met Emo, Bravo, Die Groot Ontbyt, Flits, Pasella en op die glansblaaie van Rooi Rose gekuier.

Die drie lede, Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) is terug met ‘n nuwe enkelsnit, getiteld Bly, waarvan die musiekvideo reeds op verskeie televisie kanale gesien kan word.

Kyk die video hier: 

Nagligte se debuutalbum, Hoop in die Donker, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik en het onmiddellik aandag getrek. Die eerste enkelsnit, Dit Stop Nou, was ’n kitstreffer en het vir weke lank bo-aan die trefferparades van bekende radiostasies gepryk.

Ander treffers op die album sluit in Ongeloof(lik), Skyn, Veg en Skree, Vir Nou, Konsentreer, Hoop in die Donker, Die Roepstem, Hou Dit Teen My, Beter Dae en Een Saam.

*Verskaf deur Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button