EntertainmentLifestyle

1925BAND stel nuwe musiekvideo vry

Die musiekvideo vir die temalied van die nuwe fliek, Eintlik Nogal Baie, deur die 1925Band, is pas hierdie naweek bekendgestel.

Die musiekvideo vir die temalied van die nuwe fliek, Eintlik Nogal Baie, deur die 1925Band, is pas hierdie naweek bekendgestel.

Kyk die video hier: 

Die temalied is reeds op 15 Augustus vrygestel en is die begin van groot dinge vir 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ‘n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ‘n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister.

“Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel. Dit is immers wat van liedjies treffers maak en waarmee luisteraars kan identifiseer,” vertel Reno, die ouboet van die groep.

“David en Jeff skryf die meeste van die liedjies en word gewoonlik geïnspireer deur alledaagse gebeurtenisse, verhoudings en ervaringe van ons self en ander mense.”

David se meisie was oorspronklik die inspirasie agter die liedjie, Eintlik Nogal Baie.

“Ons is gevra om die temalied van die fliek te skryf en het besluit dat ons ’n bestaande liedjie gaan gebruik en hier en daar ’n bietjie gaan verander, sodat dit perfek pas,” verklap Reno.

”Die liedjie gaan oor hoe vêr ’n mens sal gaan om geluk te vind en hoe lief jy kan raak vir iemand. Die ou wil ’n meisie hê om alles saam met hom te doen. Hy soek haar, die perfekte meisie, en wanneer hy haar kry, is hy gelukkig.

”Die wysie van die liedjie is vars en anders en luisteraars sal kan saamsing, maar ook terselfdertyd verlief, hartseer en opgewonde wees, wanneer hulle daarna luister.”

Alhoewel 1925Band nog nie ’n amptelike CD op die rak het nie, spog hulle met ’n privaat album, Horizon, wat nie minder nie as agt oorspronklike snitte bevat.

Die fliek, Eintlik Nogal Baie, is gebaseer op ’n draaiboek met die naam Ally.

Jarrod de Jong, mede-skrywer en vervaardiger, het die karakters geskep en die storie is gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie.

“Die storie gaan oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-illustreeder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het,” vertel De Jong.

”Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet, met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese manier. Kykers moet definitief genoeg sneesdoekies saam vat wanneer hulle die film gaan kyk.”

Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation en The DTI, word deur Times Media Films versprei en die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure). Die film word op 4 November in fliekteaters, regoor die land, vrygestel.

*Mediavrystelling verskaf deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button