Local newsNews

Xanilee steel baie se harte

Moet nie haar optrede hierdie Sondag op M-Net, kanaal 101, misloop nie.

XANILEE Hammond (20) van Alberton het nie net haar afrigter, Bobby van Jaarsveld se hart gewen nie, maar ook die harte van talle Suid-Afrikaners wat vir haar gestem het om deur te dring na die top 16 van ‘The Voice SA’. Sy sing weer op Sondag 1 Mei.

13055641_703586613114588_1318996649495020450_o

“Die regstreekse optredes was die beste aand van my lewe en ‘The Voice SA’ is lewensveranderend,” het sy gesê. Xanilee het mense bekoor met ‘Story’ van Lady Antebellum. Dit was een van daai optredes van sangers waar mens hoendervleis kry. Op sosiale media het sy baie goeie kommentaar gekry en haar aanhanger-groep word by die dag groter.

Xanilee het weer Suid-Afrika se stemme nodig. Die stemmery begin direk na haar optrede en sluit weer op Donderdag 5 Mei om 22:00.

 

13063149_703910979748818_1763451459496605406_oVir diegene wat nie Xanilee op Facebook het nie, kan gerus haar Facebook-blad gaan besoek.

Moet nie haar optrede dié Sondag op M-Net, kanaal 101 misloop nie.

Vir die wat wil stem, volg hierdie stappe:

1. 100 stemme op The Voice SA se App * (App se stemme sluit om 19:15 na die regstreekse optrede).

2. 100 SMS-stemme kan na 33692 gestuur word.

3. 100 gratis stemme op WeChat ID MNetTV.

4. 100 gratis stemme op The Voice SA webwerf mnet.tv/thevoice.

5. 100 gratis stemme op The Voice SA mobiele webwerf mnet.tv/thevoice.

* App en SMS stemme kos R1.50.

13055725_703305496476033_929156396460282144_o

Kliek ook hier om te stem:

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1559938307637901&id=1532868753678190

Kyk haar optrede hier :

Lees meer oor Xanilee:

*albertonrecord.co.za/96822/xanilee-oortref-beoordelaars/

*albertonrecord.co.za/103199/xanilee-is-deur/

Related Articles

Back to top button