Local newsNews

Skou beloof om pret te wees

Die doel van die skou is om geld in te samel.

DIE Ou Motorskou is een skou wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Dit gaan by Buksies Plesier-Oord in Eikenhof op 5 Maart vanaf 08:00 tot 17:00 plaasvind. Almal wat ’n mooi, skaars of interessante voertuig het, kan tydens die geleentheid kom spog. Motorfietse, trekkers, enjins en motors is ook welkom.

Daar is geen beperkings of vereistes soos die jaar model, waarde of klublidmaatskap nie. Motorhandelaars of handelaars van enige verwante produkte, is welkom om te kom uitstal of te bemark. Om uit te stal is gratis en toegang vir toeskouers is slegs R30.

Die doel van die dag is om geld in te samel vir NG Kerk Danie Theron. Vir meer inligting, skakel ds. Dawie Liebenberg by 083 684 0085 of Barbara Pieterse by 084 200 1695.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button