Local newsNews

Vlakhaas toer die land vol

Die Vlakhaas-toer word jaarliks deur die Karavaanklub van Suid-Afrika gereël.

DIE Vlakhaas-toer word jaarliks deur die Karavaanklub van Suid-Afrika (KSA) gereël en word beskou as ’n gulde geleentheid om van die moosite dele van die land te besigtig.

KSA het ook ’n byeenkoms in Richardsbaai vir al die streke gereël en die organiseerders het dié geleentheid aangegryp om sodoende KSA se Rally SA 2018 ook by te woon.

Die program het op 29 Maart in Springs begin waar altesaam 28 karavane byeengekom het om op hul toer te vertrek.

Die eertse stop is by Sundowner Karavaanpark in Piet Retief waarna hul die volgende oggend hul toer na Richardsbaai hervat het. KSA het ongeveer 220 karavane wat daar saamgetrek het om die Rally SA 2018 by te woon wat beteken dat dié karavaanpark ten volle bespreek was vir KSA oor die naweek van 30 Maart tot 1 April.

Die saamtrek het op April 1 ontbind na hul die verskeie provinsies, maar op 5 April het die 28 karavane van die Vlakhaas-toer na Hlalanathi Karavaanpark in die Drakensberge vertrek en daar gekuier tot 8 April waarna hul teruggekeer het na Alberton an die Suide.

Read:

Visit to Andy Titterton Wholesale Nursery

Conversation with a stranger: A marketing assistant

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button