EntertainmentLifestyle

Vir die Voëls: Loer hier na die lokprent

As deel van Huisgenoot se eeufeesviering vanjaar het die tydskrif, in samewerking met kykNET Films, die romantiese drama 'Vir die Voëls' vervaardig.

AS deel van Huisgenoot se eeufeesviering vanjaar het die tydskrif, in samewerking met kykNET Films, die romantiese drama ‘Vir die Voëls’ vervaardig.

Die amptelike lokprent is Donderdagaand, 22 September, eksklusief op ‘Bravo!’ bekendgestel.

Kyk die lokprent by: 

‘Vir die Voëls’ het inspirasie geput uit die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag.

“Dit is my eerste film en dit voel steeds onwerklik. Dit is beslis een van die hoogtepunte van my loopbaan om saam met Quentin Krog en sulke ervare veteraan-akteurs te kon werk. Die verhaal is hartroerend met universele temas, en ek glo die publiek gaan baie lief raak vir Irma en Sampie,” het Simoné opgewonde vertel.

Francois het ook die maak van die fliek geniet. “Dit was ’n groot voorreg om deel te wees van so ’n groot projek. Dit is nie aldag dat ’n mens die geleentheid kry om jouself in ’n era te bevind waarin jou ouers grootgeword het en daarin te “speel” nie! Ek dink Huisgenoot het so ’n uitstekende span bymekaargesit om die storie te vertel. Dit was net ’n plesier om met sulke ongelooflik talentvolle mense saam te werk.

“Dit is ’n moet-kyk en gaan toeganklik wees vir ’n wye gehoor – van oud tot jonk. Mense wat in daai era grootgeword het, kan dit herbeleef en die jonges kan sien hoe dinge in die ou dae gedoen is. Dis ’n ongelooflike wipwaentjierit van liefde, seerkry, geluk, teleurstelling en oomblikke van skaterlag,” het hy gesê.

‘Vir die Voëls’ speel in die laat 1970’s af en gaan die nostalgiese hartsnare roer. Dit is ’n fliek oor ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was en ’n man met so ’n sterk identiteit dat hy ’n vrou kan respekteer en vir haar liefde veg. Dit is ’n storie oor die stryd teen jouself en hoe om te keer dat eksterne omstandighede en emosionele bagasie jou kans op geluk verongeluk.

Quentin Krog, regisseur van die rolprent, het gesê: “Ek is opgewonde oor die gehoor wat na dié fliek gaan kyk. Ek is ook opgewonde oor die idee om hulle terug te voer na ’n ander era; om hulle te laat lag, huil en verlief te maak. Om hulle te vermaak.”

‘Vir die Voëls’ is in samewerking met kykNET Films deur The Film Factory vervaardig en die rolverdeling sluit in Elize Cawood, Nicola Hanekom, Neels van Jaarsveld, Drikus Volschenk, Leandry Smith, Liam Bosman, Lara Kinnear, Candice Kruger en Bennie Fourie. Die rolprent word op 25 November uitgereik en deur Ster Kinekor Entertainment versprei.

*Verskaf deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

U mag ook in die volgende belangstel:

Modder en Bloed temalied en lokprent

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

 

Related Articles

Back to top button