EntertainmentLifestyle

Loer na Eintlik Nogal Baie hier!

Die nuwe Afrikaanse fliek, 'Eintlik Nogal Baie', se amptelike lokprent is pas bekendgestel.

DIE nuwe Afrikaanse fliek, ‘Eintlik Nogal Baie’, se amptelike lokprent is pas bekendgestel.

‘Eintlik Nogal Baie’ is gebaseer op die draaiboek, naamlik ‘Ally’, geskep deur Jarrod de Jong (‘The Blanket’, ‘Die Laaste Ure’, ‘Babalas’).

“Met ’n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ’n storie wat gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring ‘Eintlik Nogal Baie’ ’n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” het De Jong gesê. “Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar ekskêrel, word sy lewe vir altyd verander op die dramatiesste wyse. Kykers kan definitief genoeg sneesdoekies byderhand hou wanneer hulle die fliek gaan kyk,” het De Jong bygevoeg.

Die rolverdeling sluit baie bekende en gewilde name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein de Vries en ander in.

Die fliek is geskryf deur De Jong en Pieter Oosthuizen (M4gic-J Entertainment) en vervaardig deur De Jong. Die regie is behartig deur Jacques Brand (‘The Blanket’, ‘Die Laaste Ure’).

De Jong vertrek eersdaags na Brussels, waar hy die opening van die Film Fest Gent gaan bywoon en waar ‘Eintlik Nogal Baie’ op 11 Oktober vertoon sal word. In November sal ‘Eintlik Nogal Baie’ ook by die Razor Reel Flanders Film Festival vertoon word. Die laasgenoemde fees bied aan filmmakers ’n platvorm en plaas die kollig op talentvolle nuwelinge uit die internasionale mark.

Die temalied van ‘Eintlik Nogal Baie’ is vroeg in Augustus vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landswyd gehoor word. Die liedjie word gesing deur die 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Die liedjie, met dieselfde titel as die fliek, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis ‘catchy’ en het dieselfde effek as wat Roxette se ‘It must’ve been love’ in ‘Pretty Woman’ gehad het,” het De Jong gesê.

‘Eintlik Nogal Baie’ is vervaardig in samewerking met MadRobot, Nasionale Film en Video-stigting en die Departement van Handel en Nywerheid en word deur Times Media Films versprei.

‘Eintlik Nogal Baie’ word landswyd uitgereik in teaters op 4 November.

Kyk die lokprent hier: 

*Verskaf deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

U mag ook belangstel in:

Modder en Bloed

Nuwe drama op die silwerdoek

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button