EntertainmentLifestyle

Roerende liefdes duet vrygestel

Pieter Koen en Cordelia het gedurende die week van 16 Mei 'n nuwe album vrygestel.

ONLINE

Cordelia het gedurende die week van 16 Mei ‘n album vrygestel.

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos ”Mal in jou kop” en ”Eerste Woorde”, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen (”Man van Staal” en ”Wat die hart van vol is”), en hulle het die duet enkelsnit, ”Spel van Liefde” saam uitgereik.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my ’n baie aangename mens, met ’n uitsonderlike talent.

”Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor!

“’Spel van Liefde’ gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort, spesiaal voel en ook liefde gee.

”My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weer eens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alles.”

Die liedjie is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner en vervaardig en gemeng by Muse Studios deur Hugo Ludik en Vaughan.

Pieter is net so opgewonde oor die liedjie en sê dit was ’n groot pluimpie om deur Cordelia genader te word om ’n duet saam op te neem.

“Ek het nie twee keer gedink om betrokke te raak nie. Cordelia het al die elemente wat ’n kunstenaar nodig het om dit te maak; sy is gevestig in haarself as mens en weet hoe sy mense se harte wil bereik deur haar musiek. Ek glo die publiek gaan net so byval vind by die liedjie soos wat ek het. Ek wens Cordelia soveel sterkte toe met haar loopbaan.”

”Spel van Liefde” is beskikbaar op Cordelia se debuut album, ”Breek die Stilte” en word versprei deur Real Music Distribution.

Luister hier na die snit: https://soundcloud.com/starburstpromotions/spel-van-liefde-cordelia-ft-pieter-koen-teaser

*Uitgereik deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

 

Related Articles

Back to top button