EntertainmentLifestyle

Klipkoppiefees – ook vir die natuurliefhebber

’n Propvol program gelaai met aktiwiteite wag vir jou op Saterdag 28 Mei by die Klipkoppiefees.

SATERDAG 28 Mei is gepak met ’n program vir diegene wat meer as net bietjie opwinding by Klipkoppiefees kom soek.

Om 07:00 vind die CPS Klipkoppiefees bergfietswedren plaas. Daar is ’n keuse van twee afstande beskikbaar. Die 6km pretrit wat op die Meyerplaas self plaasvind en wat nie te tegnies is nie. Dan is daar ook ’n 16km opsie wat begin op die Meyerplaas en vandaar deur die Meyersdal Eco Estate. Hierdie is ’n meer tegniese roete en word nie aanbeveel vir beginners nie. Asemrowende natuurtonele sal jou begroet en daar is ’n groot kans dat jy wild te siene sal kry.

Twee koste opsies is beskikbaar vir die bergfietswedren; R70 per ryer vir die roete alleen of R150 per ryer wat ook dan ’n Klipkoppiefees toegangskaartjie vir een persoon op dié Saterdag insluit. Medaljes en geskenksakkies vir die eerste 200 deelnemers wat registreer en die roete voltooi.

Hierdie is ’n moet vir bergfiets entoesiaste aangesien toegang tot beide hierdie areas nie normaalweg beskikbaar is nie. Vir meer inligting en inskrywingsvorms besoek Klipkoppiefees se webblad.

Vir die 4×4 entoesiaste:

Die 4×4 skattejag vind ook plaas op Saterdag 28 Mei en word aangebied deur Francois Rossouw van die RSG 4×4 klub. Eerste voertuie vertrek om 09:00 en laastes om 13:00 op hierdie vier-uur lange rit wat jou weer eens deur dele van die Meyerplaas neem wat nie normaalweg vir die 4×4 gemeenskap beskikbaar is nie. Op ’n helder dag, sal jy van bo van die koppie af pragtige tonele van Johannesburg en selfs so ver as die Vaal Driehoek kan sien.

Kostes vir die 4×4 skattejag beloop R250 per voertuig. Let wel, normale toegangsfooie vir die dag per persoon sal steeds geld.

Daar is ook nog ’n 4×4 hindernisbaan beskikbaar teen ’n nominale koste, aangebied deur Arnold Venter van Ironman South. Die uitleg van hierdie baan is in die fees area en toeganklik vir alle feesgangers wat op ’n baie kort afstand voetuie en bestuursvernuf wil besigtig. Hierdie baan is slegs ’n hanetreetjie vanaf die hoof verhoog, eet- en drinkgoed stalletjies, kunsmark en ander uitstallers. Kom maak gerus ’n draai.

’n Eerste vir die fees:

Vir die eerste keer sal persone wat nie toegang het tot ’n 4×4 voertuig nie die geleentheid gegun word om teen ’n nominale koste die Meyerplaas vanuit ’n 4×4 te besigtig. Dit sal bekend staan as “Buy a Ride”.

’n Nuwe toevoeging tot die fees is natuurlik die kosdemonstrasie in die tent wat goedgunstiglik deur Tafelberg Meubeleurders vir feesgangers beskikbaar gestel is. Verskeie kombuis toebehore van verskillende maatskappye sal oor die feestydperk gedemonstreer word.

Die hoogtepunt is natuurlik die drie demonstrasies wat deur sjef Tiaan Langenegger (voormalige Kokkedoor wenner) op Saterdag 28 Mei om 13:15 en om 15:30 asook op Sondag 29 Mei om 13:00 aangebied word. Kom kyk gerus na sy demonstrasie van verskeie vleissnitte asook die gaarmaak daarvan op weberbraaiers.

Toegang hiervoor is gratis en na die tyd sal die geregte te proe aangebied word.

Vir verdere inligting oor die Klipkoppiefees, inskrywings, toegangspryse en kaartjieverkope besoek gerus die fees op Facebook, volg hulle op Twitter of besoek hul webblad www.klipkoppiefees.co.za

Related Articles

Back to top button