SAVF groet staatmaker

“Niks was ooit te veel as dit by haar medemens kom nie.”

Dié woorde, wat tydens mev. Mariëtte Hartley se afskeid genoem is, som die werk op wat sy uit die SAVF se kantoor in Carletonville gedoen het.
Hartley, die SAVF se hoof maatskaplike werker, het einde Julie haar loopbaan van 11 jaar by die SAVF afgesluit. Sy was veral bekend vir haar harde werk om hulpbehoewende inwoners by te staan, sowel as die vrolike hulp tydens die vele gemeenskapsaksies wat die SAVF gereël het of deel was van.
Kollegas en vriende het verlede Vrydag tydens ‘n funksie by Selati gastehuis van haar afskeid geneem.
Hartley se kennis is gelukkig nie heeltemal verlore vir ons area nie, aangesien sy haar loopbaan as maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand voortsit. Sy sluit haar hier by die SAVF se voormalige streeksbestuurder, me. Suzette Oosthuizen, aan.

Related Articles

Back to top button