Lifestyle

Neem jou ‘selfie’ of steek ’n kers aan vir hulle met epilepsie

Epilepsie Suid-Afrika vier jaarliks Nasionale Epilepsie Week in die tweede week van Februarie. Vanjaar se viering is van Maandag 11 Februarie tot Sondag 17 Februarie.

Epilepsie Suid-Afrika vier jaarliks Nasionale Epilepsie Week in die tweede week van Februarie. Vanjaar se viering is van Maandag 11 Februarie tot Sondag 17 Februarie.
Dit sluit aan by Internasionale Epilepsie Dag (11 Februarie).
Die doel van die viering is om aan die een kant die aandag te vestig op die uitdagings wat mense met epilepsie in die gesig staar, maar ook te kyk na prestasies wat mense met epilepsie behaal.
Nasionale Epilepsie Week is die eerste keer in 2015 gevier, en word sedertdien jaarliks gevier op die tweede Maandag in Februarie in meer as 120 lande wêreldwyd. Nie net is dit ’n voorspraakstrategie om toepaslike wetgewing te skep wat die regte van mense met epilepsie waarborg om hulle te bemagtig om die beste uit die lewe te haal nie, maar fokus ook op die probleme wat mense met epilepsie, hul families en versorgers ervaar. Vanjaar se tema is: “Dit is Ek!” juis om:
a) Mense bewus te maak daarvan dat mense met epilepsie nie ‘n homogene groep is nie, maar individue;
b) Aandag te vestig daarop dat epilepsie met enigiemand op enige stadium kan gebeur
c) Die selfbeeld van mense met epilepsie te verbeter
d) ‘n Geleentheid te bied aan die algemene publiek om hulle steun te wys vir mense met epilepsie – “Dit is Ek wat Epilepsie steun!”
Epilepsie Suid-Afrika bied verskeie geleenthede aan waar die week gevier sal word.
Dit word gedoen deur onder meer bewusmakingspraatjies, danse, pretlope, inligtingsveldtogte, kerslig geleenthede, gala-etes en ‘n jaarlikse padblokkade in Mpumalanga.
Epilepsie SA se Vrystaat en Noordwes-tak gaan self ’n besige bewusmakingsweek hê met baie aktiwiteite. Dit sluit in:
• Bewusmakingspraatjies by die skole in en om Parys, Epilepsy Flashmobs in gedeeltes van die Vrystaat en Noordwes, en radio-onderhoude en mediaplasings.
Ondersteun só Epilepsie Week in Parys:
* Maak seker jy is by die Epilepsy Awareness Selfie-dag op 11 Februarie tussen 09:00 en 11:00 by Checkers Parys.
• Kers aansteek seremonie 11 Februarie om 18:00 by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Boomstraat 52, Parys.
• ‘n Boeresport Pretdag vir sentrum-inwoners en personeel 15 Februarie. Die publiek kan die aktiwiteite saam geniet. Gaan kyk gerus op die Facebookblad https://www.facebook.com/epilepsysa/ of skakel Hubre by (056) 811 5959 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button