Local newsSport

Jaguars wys hul presteerders aan

Die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars het verlede naweek hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling gehou.

Dié funksie is verlede Vrydagaand by die Gert van Rensburg-stadion gehou. Thinus Jansen van Vuuren is as die eerste span se Speler van die Jaar sowel as die speler wat die beste ‘getackle’ het, aangewys.

Jesse McFarlane het die meeste drieë gedruk terwyl Chris Bosch die meeste skoppe oor die pale gesit het. Bennie Germishuizen was die eerste span se mees gemotiveerde speler terwyl Braidy Barlow die mees opbouende speler was.

Johan Bruwer was die tweede span se Speler van die Jaar. Hy het ook die meeste drieë aangeteken én die meeste skoppe oor die pale gesit. Anathi Gqozo was die mees gemotiveerde speler in die tweede span terwyl Bongi Fana die mees opbouende speler was.

Simon Molise was die speler wat die beste ‘getackle’ het. Die o.21 span is ook vir hul harde werk die afgelope seisoen beloon.

Riaan van Heerden is die Speler van die Jaar met Tlolitso Letlabika wat as die speler wat die beste ‘getackle’ het, aangewys is. JJ van Zyl het die o.21s se meeste drieë gedruk terwyl Ryan Loots die meeste skoppe laat slaag het.

CJ Nortman was dié span se mees opbouende speler met Bokang Miya wat die toekenning as mees gemotiveerde speler verower het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button