Local newsSport

Skopboksers die beste in Gauteng

Carletonville se sportlui presteer.

Die XKT Fight St skopboksklub van Carletonville is onlangs as die beste skopboksklub in die provinsie aangewys.Die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, sê die toekenning is op grond van lede se medaljes tydens kompetisies deur die jaar, onder meer tydens die sport se nasionale kampioenskap in Limpopo, gemaak. Dit is tydens die onlangse Great North kompetisie aan XKT Fight St toegeken.

Intussen het van die klub se meer ervare vegters tydens die Race of Warriors volkontak-toernooi ook weer met medaljes weggestap. Dié kompetisie is op 16 September in Centurion gehou.

Tyron Fernandez het ‘n goud in die volkontak low kick-afdeling gewen, terwyl Alez Tuz en Nathan Sale albei met silwer medaljes in dieselfde afdeling weggestap het.

Dié vegters berei hul reeds voor vir die volgende Race of the Warriors op 11 November terwyl jonger klublede op 4 November aan die Tiny Titans-toernooi in Brakpan gaan deelneem. Dié kompetisie word deur die hoof uitvoerende beampte van XKT (Extreme Kickboxing Technologies) in Suid-Afrika, Raymond Phillips, gereël.

Die vegters wat tydens die onlangse Race of the Warriors-kompetisie medaljes verower het, is Tyron Fernandez, Shihan Chimmy van Winkel (afrigter), Alex Tuz en Nathan Sale.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button