Local newsSport

Jaguars sluit seisoen af

Die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars het verlede naweek hul laaste wedstryde van die seisoen gespeel.

Die klub se eerste en tweede spanne het Saterdag teen die Harlequins op laasgenoemde se tuisveld in Krugersdorp-wes uitgedraf.
Die tweedes het 21 – 12 gewen, terwyl die eerste span ongelukkig met ‘n telling van 8 – 56 die knie teen die Harlequins moes buig.
Hoewel dit die Jaguars se eerste bestaansjaar was én die eerste jaar wat hulle in die Leeus se Senior Grand Challenge-liga gespeel het, het die tweede span en die o.21 net-net nie na die kwarteindrondte deurgedring nie. Beide spanne het vyfde in hul ligas geëindig. Die eerste span het die seisoen met die sesde plek in die liga voltooi.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button